Nuus – Boerboel

Boerboelskou Inligting

Limpopo Ope Boerboelkampioenskapskou 9 Januarie 2016

Soos verlede jaar, word die Limpopo Boerboelkampioenskapskou weer tydens die Nylstroom –  Kranskopfees aangebied en wel op 9 Januarie 2016 op die feesterrein. Dit is ‘n geleentheid vir Boerboeleienaars om hulle honde in te skryf vir beoordeling in een of meer klasse. Senior keurders van SA Stamboek en die South African Boerboel Breeders Society (SABBS) sal verantwoordelik wees om die honde te beoordeel en inligting oor die honde met die eienaars te deel. Geborgde pryse, medaljes en sertifikate sal aan die presteerders toegeken word.

Boerboele moet verkieslik geregistreerde honde wees met geslagsregisters, maar rasegte ongeregistreerde Boerboele mag ook inskryf – goedkeuring daarvoor moet vooraf verkry word (Skakelpersoon: Albert vd Linde; tel. 082 787 1729). Bewys van rasegtheid mag op versoek van eienaars gevra word. Daar sal bekende Boerboele en kampioenhonde vertoon word om te dien as voorbeeld van wat van ‘n hoë kwaliteit rasegte Boerboel verwag word.

Inskrywings moet verkieslik vooraf gedoen word, maar daar kan ook vanaf 08:30 tot 10:00 op Saterdagoggend 9 Januarie 2016 by die skouterrein ingeskryf word. Die beoordeling sal 10:30 begin.

Die volgende klasse word beoordeel:

 Klas 1a (subjuniors) – Bababoeletjies (tewe) onder 6 maande

 Klas 1 b (subjuniors) – Bababoeletjies (reuns) onder 6 maande

 Klas 2a (subjuniors) – Tewe tussen 6 en 9 maande

 Klas 2b (subjuniors) – Reuns tussen 6 en 9 maande

 Klas 3a (Juniors) – Tewe 9 maande tot onder 12 maande

 Klas 3b (Juniors) – Reuns 9 maande tot onder 12 maande

 Klas 4a (Juniors) – Tewe 12 maande tot onder 18 maande

 Klas 4b (Juniors) – Reuns 12 maande tot onder 18 maande

 Klas 5a (Seniors) – Tewe 18 maande tot onder 24 maande

 Klas 5b (Seniors) – Reuns 18 maande tot onder 24 maande

 Klas 6a (Seniors) – Tewe ouer as 24 maande

 Klas 6b (Seniors) – Reuns ouer as 24 maande

 Klas 7 – Sub-Junior Kampioenteef (uit wenners klasse 1a en 2a

 Klas 8 – Sub-Junior Kampioenreun (uit wenners klasse 1b en 2b)

 Klas 9 – Junior Kampioenteef (uit wenners klasse 3a en 4a)

 Klas 10 – Junior Kampioenreun (uit wenners klasse 3b, 4b)

 Klas 11 – Senior Kampioenteef (uit wenners klasse 5a en 6a)

 Klas 12 – Senior Kampioenreun (uit wenners klasse 5b en 6b)

 Klas 13 – Groot kampioenteef vir die dag (uit wenners klasse 7, 9 en 11)

 Klas 14 – Groot Kampioenreun vir die dag (uit wenners klasse 8, 10 en 12)

 

Nuus

May Mothers Month Package, Shangri-La
Spend a night at Shangri-La during their 25th birthday celebrations this May. Join the festivities as we honour all mothers during Mother’s Month and receive a flower bouquet, a special Mother’s Day gift as well as sparkling wine on arrival. Indulge with the tantalizing dinner for two, a neck, back and shoulder massage as well as breakfast the next morning.
PACKAGE INCLUDES:
• 1 night’s shared accommodation inclusive of breakfast daily in our standard hotel rooms.
• Dinner for two.
• Neck, back and shoulder massager per person.
Pay only R995 per adult sharing per night.
Terms & Conditions:
Subject to availability. Valid 1 – 31 May 2015.
ADD ON: Enjoy our buffet luncheon on Mother’s Day, Sunday 10 May 2015 at only R225.00 per adult, R175 for pensioners and R112.50 for children 4 – 12. Bookings essential. Call 014 718 1600.

www.southofafrica.co.za

Kyk wie gaan die Juniors vermaak by die Braai

Kyk wie gaan die Juniors vermaak by die Braai

Kosie Beukes
Kosie is tans 7 jaar oud en is die jongste konsertina speler in Suid Afrika, hy het op die ouderdom van 5 jaar reeds begin konsertina speel.
Hy kan op hierdie staduim 13 instrumente speel wat insluit, kitaar, bas kitaar, mandolien, orrel, klavier, dromme, banjo, engelse konsertina, boere konsertina, trek klavier, Vrot orrel (button accordion),
KOSIE BEUKES